Die Vergelyking Van Die Romaanse Boustyl (Pisa Katedraal) Met Die Gotiese Boustyl (Notre-Dame De Paris)

Die Vergelyking Van Die Romaanse Boustyl (Pisa Katedraal) Met Die Gotiese Boustyl (Notre-Dame De Paris)

Pisa Katedraal, Pisa, Italië.
Argitek(te): Onbekend

Invloede: Die grootste invloede wat verband hou met die bou van hierdie kerk is die religieuse- en sosiale invloede. Die mense van Pisa wou eerstens dit oprig as ‘n monument van die grootheid van God, en tweedens om te wys hoe magtig hulle stad was (Kleiner & Mamiya, 2005:487).

Argitektoniese karakter: Romaanse geboue het ondermeer beskik oor absoluut ronde gewelwe, sterk fasades en gekruisde koepels. Die basiliekplan is ook baie prominent en kan duidelik uitgeken word in hierdie geboue. Losstaande kloktorings is ook kenmerkend van hierdie tipes geboue.

Verwysing na besondere voorbeelde: Ander voorbeelde van Romaanse geboue uit hierdie tydperk is Durham Katedraal in Engeland asook die San Ambrogio in Milan, Italië.

Notre-Dame, Parys, Frankryk:
Argitek(te): Onbekend

Invloede: Hierdie gebou is hoofsaaklik beïnvloed deur die religie en sosiale omstandighede. Nadat Louis VI verhuis het na Parys het die stad die hoof stad van Frankryk geword en moes dit dus ‘n groot nuwe kerk kry (Kleiner & Mamiya, 2005:487).

Argitektoniese karakter: Gotiese boustyl. Die basiliekplan van die gebou is gekamofleer en nie ooglopend nie. Lugboë en roosvensters het algemeen voorgekom. Die gebou is oor die algemeen ook baie hoër en groter gebou as Romaanse geboue. Baie meer detail en versierings word ook hier aangetref.

Verwysing na besondere voorbeelde: Ander voorbeelde uit die tydperk is die Laon Katedraal in Laon, Frankryk asook die Chartres Katedraal in Chartres, Frankryk.

Vergelykende analise van die Pisa Katedraal met die Notre-Dame:

Planne: Die grondplan van die Pisa Katedraal is ‘n tipiese basiliekplan met ‘n hoofskip, dwarskip en twee syskepe. ‘n Losstaande kloktoring, die “Leaning tower of Pisa”, kom skuins agter die gebou voor. Die hoofskip het ‘n apsis en so ook die dwarskip aan...
  • Submitted by:
  • Date Submitted: 09/17/2008 09:03 AM
  • Category: History Other
  • Words: 905
  • Pages: 4
  • Views: 106
  • Rank: 220

Related Essays

  • Quantum Mechanics In Dutch Inleiding en Samenvatting 4. Het Standaardmodel 6. Fermionen Inleiding In de deeltjesfysica, is een elementair deeltje een deeltje dat niet uit andere deeltjes be...
  • Mr Terrorisme en die Media Dr. L.M Fourie Inhoudsopgawe: 1. Inleiding 2. Literatuurstudie 3. Argumentering 4. Gevolgtrekking 5. Bibliografie 1. Inleiding Stelling: D...

Saved Essays

Save essays to help find them more easily!

Join Now

Instant access to thousands of essays.

Join Now